Dankie vir hulp en bystand
Hiermee wil ek en my twee kinders graag almal vir hul oproepe, bystand, bemoediging en gebede tydens my man, Chris, se ongeluk en die moeilike tyd waardeur ons tans gaan, bedank. Ons wil in besonder vir Brendon en Alta en Peter Fick dankie sê vir julle liefde, moeite en hulp wat ons deur dié tyd …

Hiermee wil ek en my twee kinders graag almal vir hul oproepe, bystand, bemoediging en gebede tydens my man, Chris, se ongeluk en die moeilike tyd waardeur ons tans gaan, bedank.
Ons wil in besonder vir Brendon en Alta en Peter Fick dankie sê vir julle liefde, moeite en hulp wat ons deur dié tyd dra.
Past. Warren. past. Tjama. past. Jackie Swart en ons kerkgroep, baie dankie.
Aan die familie aan my kant, ooms, tannies, niggies en neefs, ons weet Chris was nog altyd vir julle ‘n spesiale persoon in die familie.
Dankie aan Chris se kollegas by die werk en ‘n spesiale dankie aan Linette en Pieter de Lange van Cactus Greek op Trichardt wat besig is om vir Chris ‘n geldinsamelinsdag te reël.
Soos Psalm 94:18-20 lui: “As ek dink my voet wankel, dan ondersteun U goedertierenheid my, o Here. As my gedagtes binne in my vermenigvuldig, dan verkwik U vertroostinge my siel. Maar die Here is ‘n rotsvesting vir my, en my God die rots van my toevlug.”
Ons vertrou dat Chris volkome gaan herstel. God is groot en niks is by Hom onmoontlik nie.
Aan my kinders, Taneschka en Jaundrew, baie dankie dat julle mamma so mooi bystaan en my help moed hou deur al die trauma en druk om nou die huishouding alleen aan die gang te hou.
Ons gaan bly vertrou dat Pappa volkome gaan herstel.
Liewe Jesus weet dat julle pappa baie nodig het en dat julle twee pragtige kinders altyd sy trots was.
Ons gaan moed hou en deurdruk.
Aan Brendan, jy is net so spesiaal.
Ons hou heeltyd vas aan jou daaglikse motivering.
Dankie dat jy ons elke keer na oom Chris vergesel.
Amanda Theunissen, Secunda.