Van Lelyvelds sê dankie
Jack en Zelda, Ermelo: Ons gebruik graag dié geleentheid om ’n gemeenskap wat omgee, te bedank vir al die oproepe, gebede en wense van beterskap en herstel ná Jack se ernstige motorongeluk. Dit is egter ’n oorweldigende taak weens die enorme hoeveelheid individue, groepe, gebedgroepe, vriende, familie, kollegas en kennisse wat ons as familie onderskraag …
Jack en Zelda, Ermelo:
Ons gebruik graag dié geleentheid om ’n gemeenskap wat omgee, te bedank vir al die oproepe, gebede en wense van beterskap en herstel ná Jack se ernstige motorongeluk.
Dit is egter ’n oorweldigende taak weens die enorme hoeveelheid individue, groepe, gebedgroepe, vriende, familie, kollegas en kennisse wat ons as familie onderskraag het.
Ons wil die volgende persone en groepe persoonlikbedank wat ons geestelikgedra het deur hierdie moeilike tye en as ons iemand se naam per abuis weglaat, vergewe ons asseblief. Die hele ondervinding voel nog onwerklik.
Eerstens, alle lof aan die Here vir Sy genade en die geskenk van die lewe.
My liefdevolle vrou Zelda vir haar onbaatsugtige liefde, versorging en volgehoue gebede.
My dogter, Aliscia, en skoonseun, Quinton, en ook my seun, Waldo, wat spesiaal van Kaapstad gevlieg het om die gesin by te staan in Middelburg, vir hulle hulp op alle terreine.
Jaco Johnstone en sy span van die Ermelo Brandweer asook die nooddienspersoneel van die ambulansdienste vir hulle vinnige optrede om my uit die wrak te sny en die behandeling op die toneel.
Die onbekende bystanders wat talle oproepe gemaak het om die nodige partye in kennis te stel.
Pieter de Nuyschen, jy het ’n onmiddellike en voortdurende rol gespeel in my redding en emosionele herstel. Dr. Francois Swart en die ambulanspersoneel vir die vinnige en professionele manier waarop hulle my versorg en voorberei het vir veilige oorplasing na Middelburg.
Mid Med Hospitaal Middelburg se personeel vir hulle deeglike versorging, dr. Anton de Munnik –ortopediese chirurg, dr. Johannes Smit – kritiese versorgingspesialis.
Dr. Mohammed Bahadur van Trichardt Mediclinic en sy professionele span tydens my behandeling aldaar.
Gedurende my hospitaalverblyf en aansterking tuis het soveel mense vir my gebid en ons gehelp met benodighede en take op talle terreine.
My bestuurspan by Eskom, Boela Coetzer, Hennie Oosthuizen en kollegas by my werk.
Jerry Young van die Hoëvelder vir jou spesiale belangstelling asook Franska Kleinhans van die Tribune vir jou belangstelling. Enzo en Carol Naciti vir hul onbaatsugtige bystand aan ons gesin, ds. Johan Bezuidenhout van die Hervormde Kerk vir jou spesiale berading en motiverende besoeke, Justin en Quintin Nel vir jul hulp met verskeie take, ons oorkant-bure Rudy en Chantelle Boonstra vir die broodnodige rolstoel en jul ondersteunende boodskappe, Bennie en Niel Lombaard en gesin, ons bure langsaan wat so dapper en uit eie wil gehelp het met die boom wat in ons oprit omgeval het – julle is kampioene! Henk en Surita Kruger en Giel en Ewalda Kruger vir jul daaglikse logistieke hulp en bystand.
Oom Fanie van Aardt ons gewese buurman en goeie vriend van ons gesin. Evangelies Gereformeerde Kerk en gebedsgroep – ds. en Isca en tannie Benita se spesiale gebedsgroep.
Roelien van Ermelo Plumbing vir die reël van Anton se Tuindienste en ander logistieke bystand. Annelie van der Walt van Ermelo Provinsiale Hospitaal vir die verwysings na nodige fisioterapie en makelaarsdienste van Tommie Spires by wyse van Skippie van Niekerk.
Bettie Kruger se verwysing en Cobus Kruger van Kia Motors met die bystand om die beskadigde motor te vervang.
Erika en Izak Bester van Groenland Tuindienste – hulp met die instandhouding van die tuin.
Ermelo-verkeersafdeling vir die vriendelike en vinnige diens toe ek in die rolstoel daar besoek afgelê het om my lisensie te hernu.
Laastens maar nie die minste, dankie vir al die finansiële skenkings wat ontvang is van individue. Dit word ontsettend baie waardeer en het geweldig bygedra om die aanvanklike skokervarings te trotseer.