LettersOpinion

Ter nagedagtenis van Alice

Vriende,Chrissiesmeer

Vriende, Chrissiesmeer

Die dorpsgemeenskap van Chrissiesmeer is geruk deur die dood, op 14 November, van Alice Farinha-Mõller in haar “house on the prairie” in Percystraat.

’n Ware karakter, vol lewenslus, skeppingsdrang en stoute kwinkslae, het ons ontval.

Alice was ’n mens, nie ’n engel nie. Plat op die aarde, maar uniek; guitig, maar ernstig; lughartig, maar vol kommer; arm, maar mededeelsaam; geen kerkmuis nie, maar gelowig.

Dat ’n hartstogtelike lewe op so ’n tragiese wyse moes eindig, is moeilik om te aanvaar.

Ons reik uit na haar naasbestaandes. Mag die wete dat baie saamtreur, ’n troos vir hulle wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button