LettersOpinion

Die vreugde van gee

Wanneer kan ons geskenke oopmaak ? Dit was gewoonlik die eerste vraag op Oukersdag. Die antwoord was elke jaar dieselfde: middernag en nie ’n minuut vroeër nie. Maar vir die een of ander rede het ons dit elke jaar reggekry om vroegaand geskenke oop te maak. Ons was kenners op die gebied van armdraai: dit …

Wanneer kan ons geskenke oopmaak ?

Dit was gewoonlik die eerste vraag op Oukersdag.

Die antwoord was elke jaar dieselfde: middernag en nie ’n minuut vroeër nie.

Maar vir die een of ander rede het ons dit elke jaar reggekry om vroegaand geskenke oop te maak.

Ons was kenners op die gebied van armdraai: dit was maklik om ons ouers sag te maak tot hulle ingee en ons geskenke kry. Of so het ons gedink. Ons was so gefokus op wat ons gaan kry dat ons nooit agtergekom het dat ons ouers meer opgewonde was om ons geskenke vir ons te gee as wat ons was om dit te kry nie.

Vandag besef ek ons was toe nooit so slim nie, en nou het ek self die voorreg om te beleef hoe wonderlik dit is om die vreugde en opgewondenheid op ’n kind se gesig te sien as hy of sy die geskenkpapier afskeur.

Nou is ek die sagte een wie se arm sonder moeite gedraai kan word en die kleintjies is die meesters.

Ek is net bly dat ek die grootste geskenk ooit by my ouers gekry het: die besef hoe wonderlik dit voel om vir ander te gee. Kom ons gee dié Kersfees vir mekaar. Nie noodwendig geskenke nie, maar liefde, drukkies, aandag en ’n besoekie aan iemand wat op dié dag alleen is. (EN)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button