LettersOpinion

Laat winkelsentrum kom

Opgewonde, Ermelo: Na aanleiding van mnr. Jan L. Fourie se brief in die Hoëvelder van 17 Januarie wil ek die volgende stelling maak. Mnr. Fourie, u weerspreek uself. U sê die grond is deur die TLU gekoop met die doel dat dit vir die gebruik van Ermelo se gemeenskap aangewend moet word en nie vir …

Opgewonde, Ermelo:

Na aanleiding van mnr. Jan L. Fourie se brief in die Hoëvelder van 17 Januarie wil ek die volgende stelling maak.

Mnr. Fourie, u weerspreek uself. U sê die grond is deur die TLU gekoop met die doel dat dit vir die gebruik van Ermelo se gemeenskap aangewend moet word en nie vir winkelsentrums nie.

Na my mening sal dit juis vir die gemeenskap aangewend word as iemand ’n mall kan oprig waar daar ook iets vir jongmense aangebied kan word.

Met al die jaagduiwels op ons paaie kan ’n mens dit nie waag om die dorp uit te ry om te gaan fliek of inkopies in ander dorpe met groot sentrums te gaan doen nie.

Buitendien, dit reën omtrent elke jaar as die skou in Ermelo aangebied word en as daar nou in die plek van die skou ’n mall opgerig word, kan ons ten minste daar sit en ’n lekker koppie koffie geniet.

Ek is seker die skoukomitee sal wel ’n ander plekkie ingerig kan kry waar hulle met hartelus die perde kan laat spring en hulle stalletjies oprig.

Ek hoop werklik die betrokke persone sal daarin slaag om vir Ermelo ons eie unieke mall te ontwerp en puik ontspanning vir jongmense aan te bie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button