LettersOpinion

Bou gerus sentrum

Jan Fourie, Ermelo: Eerstens wil ek my misnoeë uitspreek teenoor mense wat gesiglose briewe in die koerant plaas wanneer daar groot omwentelinge in die dorp plaasvind. Hoekom skaam wees om jou naam te plaas? Maar dit daar gelaat. Bou gerus nog ’n winkelsentrum vir die dorp, maar maak dit meer toeganklik vir alle inwoners. Die …

Jan Fourie, Ermelo:

Eerstens wil ek my misnoeë uitspreek teenoor mense wat gesiglose briewe in die koerant plaas wanneer daar groot omwentelinge in die dorp plaasvind.

Hoekom skaam wees om jou naam te plaas? Maar dit daar gelaat.

Bou gerus nog ’n winkelsentrum vir die dorp, maar maak dit meer toeganklik vir alle inwoners.

Die grote Gert Sibande-gebou met sy uitsig op die informele nedersetting staan soos ’n seer oog uit en die omliggende inwoners vind geen baat by die gebou nie.

Bou die nuwe winkesentrum in Cassimpark waar daar nie eintlik meer inkopiegeriewe vir die inwoners is nie en maak dit makliker vir almal om inkopies te doen.

Die dorp kan doen met ’n Dions, Hi-Fi Corporation, Makro, @Home, Pep Home en vele meer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button