Skouterrein nie net vir Landboufees gebruik
Ermelo-inwoner: Mense, die skouterrein word vir meer gebruik as net die jaarlikse Landboufees. Die ram-en-bulveiling word daar gehou, sirkusse gebruik die terrein deur die jaar, die Boeresportdag is verlede jaar daar gehou, maandveilings vind daar plaas en die SA Boerperdvereniging gebruik ook die geriewe. Oom Oubaas de Jager het soveel moeite gedoen met die bou …
Ermelo-inwoner:
Mense, die skouterrein word vir meer gebruik as net die jaarlikse Landboufees.
Die ram-en-bulveiling word daar gehou, sirkusse gebruik die terrein deur die jaar, die Boeresportdag is verlede jaar daar gehou, maandveilings vind daar plaas en die SA Boerperdvereniging gebruik ook die geriewe.
Oom Oubaas de Jager het soveel moeite gedoen met die bou van die spring-arena en daar is soveel ander klein dinge wat daar gebeur waarvan mense vergeet. Verskeie eienaars laat ook hul perde by die stalle loop.
Die koerant moet dalk ’n berig daaroor plaas en nie net oor die jaarlikse Landboufees nie. Die Landboufees is Ermelo se hoogtepunt en almal geniet dit, maar kyk ook na al die ander dinge wat deur die jaar op die skouterrein plaasvind.
Kyk hoeveel goed gaan wegval en doodloop weens die oprigting van ’n winkelsentrum.
Witbank is om die draai en Secunda nog nader.
Ermelo is ’n plaasdorpie en, ja, WOW vir ’n mall maar vir hoe lank?
Twee maande later eindig dit soos die miljoene rande wat bestee is aan ’n Gert Sibande-gebou wat nie ten volle benut word nie.
Bestee eerder die geld vir die mall om ons paaie wat so pateties lyk, reg te maak.
Koerante, kyk na die fyner dinge en nader ons boere en vra wat hulle dink.
As jy ’n mall wil hê en alles wat daarmee saamgaan, gaan bly in die stad.