Behou ons tradisies
Tony Mason, Lothair: Ek is ouer as die skou. In my jonkwees-jare was die terrein naby genoeg aan ons woonplek dat ons elke Saterdag daarheen kon loop om na stampkarvertonings te gaan kyk. Deur die jare was die skouterrein deel van Ermelo en dit sal vir my hartseer wees as dit wat daar aangebied word, …
Tony Mason, Lothair:
Ek is ouer as die skou.
In my jonkwees-jare was die terrein naby genoeg aan ons woonplek dat ons elke Saterdag daarheen kon loop om na stampkarvertonings te gaan kyk.
Deur die jare was die skouterrein deel van Ermelo en dit sal vir my hartseer wees as dit wat daar aangebied word, verdwyn.
Ek sal eerder inwoners van Ermelo en omgewing nooi om geriewe op die terrein uit te brei en meer ontspanning en pretdae waarna hulle kan uitsien aan ons jongmense te bied.
Ek weet geld speel vandag’n groot rol in die neem van baie besluite, maar daar is ook etiese waardes betrokke en ek dink die waarde om ’n tradisie vir ons nageslag te bou, is belangriker as geld.
Kom ons behou en beskerm dit wat ons tot ons beskikking het, sodat ons nageslag deel van die dorp se geskiedenis bly.