LettersOpinion

EHS-skoolhoof sê dankie

Mnr. Bok Martins, Skoolhoof EHS: Die EHS wil graag weer eens baie dankie sê aan die Ermelo-gemeenskap vir die lojale ondersteuning wat ons by die Errie-Restaurant geniet het. Elke gas wat tydens die afgelope skou by ons tafels kom aansit het, word opreg waardeer. U ondersteuning maak dit vir ons moontlik om ’n hele restaurant …

Mnr. Bok Martins, Skoolhoof EHS:

Die EHS wil graag weer eens baie dankie sê aan die Ermelo-gemeenskap vir die lojale ondersteuning wat ons by die Errie-Restaurant geniet het.

Elke gas wat tydens die afgelope skou by ons tafels kom aansit het, word opreg waardeer. U ondersteuning maak dit vir ons moontlik om ’n hele restaurant vir drie dae lank in te rig en te bedryf. Baie dankie.

Ons wil ook baie dankie sê aan die totale Errie-skoolgemeenskap. Dié estaurant wat ons nou al vir die 15de jaar bedryf, is een van die groot spanpogings op die jaarlikse Errie-kalender. Daar is soveel bydraes wat ons uit ouergeledere ontvang het, bydraes vanaf borge, bydraes van oud-ouers en vriende van die EHS. Dit beteken vir ons baie en ons sê opreg dankie daarvoor.

Baie dankie aan die media wat ons ondersteun en vir al die beriggewing. Ons waardeer dit opreg.

Ons wil ook graag baie dankie sê aan al ons ouers wat hard gewerk het met die voorbereiding en tydens die skou, aan personeel en kinders wat meer as hul deel gedoen het.

Harde werk bring sukses – hierdie is ’n bewys daarvan.

Feesgroete.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button