OpinionTerloops

Terloops

Vanjaar is ’n tuisbly-Kersfees en ek weet die gemis na geliefdes wat ver is sal groot wees, maar ek sal die beste van ’n slegte saak maak en die teenwoordigheid van die wat wél naby is geniet.

Nog ’n jaar het verby gevlieg en Kersfees lê voor die deur.
Vandeesweek is ons laaste uitgawe vir die jaar en ons sien uit na die welkome ruskans.
Twee weke van bietjie later in die bed lê, ’n middagslapie vat en net rustig wees wag op my. Klink hemels!!!
Ek kan darem nie gaan nie gaan rus sonder om ons getroue lesers en adverteerders ’n baie gesëende Kersfees en alle voorspoed vir 2015 toe te wens nie.
Sonder julle ondersteuning sou ons nie kon terugkyk op so ’n suksesvolle jaar nie.
Baie dankie vir julle lojaliteit.
Al sê ons dit dalk nie gereeld genoeg nie, waardeer ons dit opreg en sien ons uiAt daarna om in die nuwe jaar net so lekker saam te werk.
Die feestyd is vir my ook ’n tyd om bietjie terug te kyk en opname te maak van gebeurtenisse in my persoonlike lewe en ook by die werk.
As ek iemand onbewustelik te na gekom het, is ek jammer.
Glo my dat dit nooit my intensie was nie.
Soms plaas jou werksomstandighede jou in ’n posisie waar jy besluite moet neem waarvan sommige mense nie hou nie en jy ’n paar trappies terug op die gewildheidsleer val. Alles maar deel van die lewe en moet nie persoonlik opgeneem word nie.
Vanjaar is ’n tuisbly-Kersfees en ek weet die gemis na geliefdes wat ver is sal groot wees, maar ek sal die beste van ’n slegte saak maak en die teenwoordigheid van die wat wél naby is geniet.
Dit is dalk ’n goeie tyd om te onthou waaroor Kersfees regtig gaan.
Om geskenke te gee en ontvang is uiteraard altyd lekker, maar dit is belangrik dat die ware betekenis van dié dag nie verlore gaan nie.
Kom ons reik uit na mekaar in dié tyd en bring eer aan Hom wat in ’n stal gebore is, nie altyd maklike lewe gely het en aan ’n kruis gesterf het sodat nie een van ons verlore sal gaan nie maar vergiffenis van ons sondes sal ontvang.
Kom ons vergewe mekaar vir klein verskille wat ons dalk deur die jaar mag gehad het net soos ons elke dag vergiffenis vir ons sondes ontvang en begin die nuwe jaar met skoon bladsye.
Mag elkeen se Kerstyd gevul wees met liefde, vreugde en welwillendheid.
Ons eerste uitgawe vir 2015
is op 8 Januarie weer op straat.
Tot dan, geniet die blaaskans.
Geseënde Kersfees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button