OpinionTerloops

Onbetrokkenheid het n prys

Verkose Skoolbeheerraadslede het ’n uiters verantwoordelike taak op hul skouers.

Terwyl ‘n mens as jongeling op die skoolbanke sit, is daar min “grootmens-dinge” wat as belangrik beskou word. Dit word meestal gerieflik aan die grootmense oorgelaat.

Gebeurtenisse soos beheerraadverkiesings is nie vir die leerling, oftewel leerder, soos hulle deesdae bekendstaan, belangrik nie. Dit is die ouers se saak!

“Wat kan ek as kind tog aan die saak doen ?” kan die jongeling dalk vra.

Dieselfde siening kan deur ouers gehuldig word.

“Wat sal my ou stemmetjie tog saak maak? Die kind is gelukkig in die skool en dinge gaan aan. Die ‘ander’ ouers sal die ding doen.”

Ek sien dit nie so nie.

As kind of leerder van die skool kan ek sorg dat my ouers deur my positiewe gesindheid wel betrokke raak, al is dit net om nou en dan ‘n sportbyeenkoms, ‘n opvoering of selfs ‘n koekverkoping by die skool by te woon.

As ouers moet ons ook sorg dat ons ten minste van dié geleenthede wel bywoon, al is my Jannie of Sannie nie in die span nie.

Die pas afgelope skoolbeheerraadverkiesings het weer die onbetrokkenheid van baie ouers uitgelig. Sover my kennis strek, was daar in al of meeste van die verkiesings wel ‘n kworum teenwoordig, maar in sommige gevalle ook maar net-net. In ander gevalle was daar baie ouers teenwoordig en die belangstelling was groot.

In ‘n tyd waarin die onderwysstelsel onder groot druk verkeer en veranderings aan die orde van die dag is, is dit van uiterste belang dat ouers van die skole standpunt inneem en betrokke raak by die doen en late van hul kinders se skoolaktiwiteite.

Die bestuur van ‘n skool deur bekwame ouers, hoofde en personeel speel ‘n uiters waardevolle rol, nie slegs in die leerder se lewe en toekoms nie, maar ook in die gemeenskap.

Hierdeur kan daar verseker word dat ons skole vir nou en die toekoms ‘n veilige, netjiese en doelgerigte omgewing vir ons jeug bied om hul beste in akademie, sport en kultuur te bereik.

Daarom wil ek aan elke verkose bestuurslid en elke beheerraad van die skole in ons gemeenskap my gelukwense oordra, maar terselfdertyd ‘n pleidooi lewer. Werk asseblief mooi met ons skole en ons

kinders se toekoms.

Die onbetrokke ouers het elkeen vanjulle nodig en maak staat op julle.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button