OpinionTerloops

Lente is in die lug

Die ekstra kombers word nie meer saans oor die bed gegooi nie en die lewe is sommer 'n lied.

Lente is in die lug.
Ek is glad nie ‘n wintermens nie en kan dit nie verdra om koud te kry nie.

Sedert die begin van Augustus tel ek al die dae af vir lente om sy kop uit te steek.

Stadig maar seker het die bloeisels begin verskyn en die dae sonniger en gemakliker met minder lae klere begin word.

Uiteindelik vier ons Lentedag.

Die ekstra kombers word nie meer saans oor die bed gegooi nie en die lewe is sommer ‘n lied.
Ek is sommer lus om huis reg te pak en in die tuin te vroetel.

Maar, o wee, oral is berigte oor waterskaarste en tuinslange wat nie gebruik mag word nie.
Hoe trek ek my lentetuin in sy vrolike bont gewaad aan as ek nie die blomme mag natspuit nie?

Ek begin dus planne maak oor hoe ek die badwater sal herlei en die water uit die wasmasjien nie verlore sal laat gaan nie, maar kleur gaan daar in my tuin wees.Die kwekery roep en die tuin soek ‘n nuwe baadjie.

Maar eers moet ons eersdaags Kaap toe gaan om Ouboet se troue te gaan bywoon.

Weer hoop ons dat 24 September ‘n pragtige lentedag sal wees vir hom en sy bruid om hul groot dag te vier.

Hulle het dan juis lente gekies omdat dit ‘n seisoen so vol beloftes is. Dit beloof dat die koue nou verby is en dat daar lieflike somersdae en -aande op ons wag.

Net so bid ek dat dié dag en die begin van hulle twee se lewens saam ook net mooi beloftes inhou.

Daar sal in hulle huwelik ook vir hulle verskillende seisoene aanbreek en ek vertrou dat hulle die beste uit elke seisoen sal haal.

Ek bid dat wanneer die koue en minder aangename dae sal kom, hulle mekaar sal koester en selfs dit ook geniet.

Mag Hy wat vir die regte redes twee mense bymekaar gebring het, elke tree van julle huwelik saam met julle stap en steeds in julle huwelik teenwoordig wees wanneer die herf-s en die winterjare vir julle aanbreek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button