Local sportSport

Hou Ermelo Gholfklub se deure oop, speel ’n potjie saam jou vriende en familie

Volgens mnr. Koegelenberg, was daar verlede Woesdag maar 'n skamele 12 spelers by die klub.

Ermelo Gholfklub is sedert 13 Junie weer oop vir gholfspelers om hul vernuf te toets.

Die nuus dat gholfklubs weer kon heropen, is Vrydag, 12 Junie deur GholfRSA bevestig nadat verskeie klubs finansiëel kreupel gelaat is.

Na afloop van die laaste berig wat deur die Hoëvelder geplaas is, is daar intussen weer met mnr. Japie Koegelenberg, klubbestuurder van Ermelo Gholfklub, gesels oor die huidige stand van sake.

Hy het vertel dat hoewel hul verheug was dat die klub weer sy deure na so lank kon heropen, daar nog nie vuurwerke afgeskiet kan word nie.

“Dit is winter wat gewoonlik maar ‘n stil tyd vir ons is, en soveel te meer met die pandemie in ons midde.

Streng regulasies verhoed ook dat die klub sy kroeg, ‘n groot bron van inkomste, kan open.

“Die klub moes kostes tot op die been sny om sy voortbestaan te verseker,” het mnr. Koegelenberg gesê.

Ooreenkomste rondom die 20 gholfkarretjies wat die klub gehuur het, moes afgeskaf word siende daar geen inkomste was om dit meer te bekostig nie.

LEES OOK: Regering se besluit om gholfklubs te heropen, kom vir sommige klubs net betyds

Die feit dat daar tans geen karretjies beskikbaar gestel kan word nie, word as een van die redes beskou dat dit maar taamlik stil by die gholfklub is.

Volgens mnr. Koegelenberg, was daar verlede Woesdag maar ‘n skamele 12 spelers by die klub.

“Dit is net te verstane dat sommige mense nie sonder die karretjies kan klaarkom nie, ons het bejaarde lede wat nie meer 18 putjies kan loop nie.

“Boonop moet mens die gerieflikheidsaspek ook in ag neem,” het mnr. Koegelenberg, gesê.

Volgens hom is die klub tans in besprekinge rondom die huur van 10 opgeknapte gholfkarretjies juis met die oog daarop om spelers te akkommodeer.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button