Local sportSport

Moolie Mentz swaai die septer by Ermelo Gholfklub

’n Totaal van 36 spelers het daarom die kans benut en die Ermelo Gholfklub besoek om aan dié kompetisie deel te neem.

Gholfspelers was die afgelope naweek met gunstige weer bederf toe hul aan Ermelo Gholfklub se Medal Maandelikse Beker op 18 Julie deelgeneem het.

Met groot gedeeltes van die land wat onder ysige toestande gebuk gegaan het die afgelope maand, was dit ’n welkome verandering vir spelers toe die weer saamgespeel het.

’n Totaal van 36 spelers het daarom die kans benut en die Ermelo Gholfklub besoek om aan dié kompetisie deel te neem.

Moolie Mentz het die septer geswaai en het eerste met ’n 67 nett geëindig, Stephen van der Bank was kort op sy hakke met 69 en Johan Benecke was derde met 71.

Saterdag 25 Julie word ’n twee-bal beter-bal klubkompetisie aangebied.

Mnr. Japie Koegelenberg, klubbestuurder, het egter sy misnoeë uitgespreek nadat spel Sondag, 19 Julie vir n aantal spelers wie ’n sosiale rondte gholf wou speel, deur kwaaddoeners wat die gras op die gholfbaan aan die brand gesteek het, ontwrig is.

“Sommige putjies se skoonveld het brandskade opgedoen, maar is nog steeds speelbaar.

“Die klubbestuur is jammer vir enige ongerief wat hierdeur veroorsaak was,” het mnr. Koegelenberg gesê.

Daar word ’n beroep op lede gedoen om die klub te ondersteun ten spyte van die feit dat die 19de putjie (kroeg) gesluit moet bly ingevolge die Covid-19 regulasies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button