Hervormde Gemeente Ermelo-Suid bied hengelkompetisie aan
Hulle was wel verbaas oor die feit dat daar geen karp die dag gevang is nie, slegs barbers en swartbaars.

ERMELO – Die Hervormde Gemeente Ermelo-Suid het op 9 Oktober ’n hengelkompetisie by Douglasdam aangebied.
Voor die kompetisie het ’n span van PC Transport die area om die dam skoongemaak, die gras gesny en alle vullis van die terrein verwyder.
Coastal Hire het vir die dag van die kompetisie toiletgeriewe opgerig.
Sowat 87 hengelaars het vroegoggend by die dam bymekaargekom, gereed vir die dag se aksie.
Charles Wahlstrand, die organiseerder van die kompetisie, het vertel dat hulle die weer net reg “bestel” het, maar dat daar met tye sterk winde oor die dam gewaai het.
Hy het bygevoeg dat die dag ’n groot sukses was.
Hulle was wel verbaas oor die feit dat daar geen karp die dag gevang is nie, slegs barbers en swartbaars.
Die eerste drie pryse vir die swaarste barbers het die Lombaard-egpaar als ingepalm.
Lees die volledige berig met al die uitslae en pryse wat die dag uitgedeel is, in die Hoëvelder.