Local sportSport

Ermelo-stoeiers presteer by SA-kampioenskap

Teghan Breytenbach het in die S015-Grieks-Romeinse afdeling vir seuns onder 68 kg ’n brons medalje ontvang.

’n Groep seuns van Ermelo Stoeiklub het onlangs aan die Mpumalanga Stoeiproewe in Middelburg deelgeneem.

Sewe van die seuns is vir die Mpumalanga-span gekies wat van 6 tot 9 Oktober by die Suid-Afrikaanse kampioenskap by die Casa Social da Madeira in Pretoria meegeding het.

Woldermar Winkler en Lohan van Niekerk het in die S09-afdeling deelgeneem.

Woldermar het in die presidentsafdeling onder 42 kg ’n brons medalje verower.

AJ van Niekerk wat in die S011-afdeling vrystyl onder 55 kg deelgeneem het, het ’n silwer medalje ontvang.
Carlo van Staden en WP Human het in die S013-afdeling meegeding, waar Human ’n brons medalje in die onder 57 kg vrystyl behaal het.

Hy het ook vyfde in die presidentsafdeling geëindig.

Teghan Breytenbach het in die S015-Grieks-Romeinse afdeling vir seuns onder 68 kg ’n brons medalje ontvang.

In die vrystylafdeling het hy vierde geëindig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button