Local sportSport

Ermelo Stoeiklub verkies nuwe bestuur

Mnr. Christiaan Winkler is gekies as die ondervoorsitter en die spanbestuurder, en mnr. Willemjan Human is die afrigter.

Ermelo Stoeiklub het op 20 Oktober hul algemene jaarvergadering by die klub aangebied.

’n Nuwe bestuur is tydens die vergadering verkies en mnr. Reghardt van Niekerk is weer as die voorsitter verkies.

Hy is ook die hoofafrigter van die stoeiklub.

Mnr. Christiaan Winkler is gekies as die ondervoorsitter en die spanbestuurder, en mnr. Willemjan Human is die afrigter.

Me. Mandie Steyberg is gekies as die sekretaresse, me. Christelle Smith as die hulpsekretaresse en me. Elsie Brits as die tesourier.

Me. Silvija Breytenbach is as ’n beampte gekies en me. Natasha de Villiers is gekies vir die Pumatjies-stoeiers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button