Local sport
EHS-atlete wys hul staal tydens interhuis
Hoërskool Ermelo se 2025-atletiekseisoen het op 20 Januarie met groot opgewondenheid tydens die jaarlikse interhuisbyeenkoms afgeskop, waar die Rooi Span as die dag se wenners gekroon is.
Hoërskool Ermelo se 2025-atletiekseisoen het met groot opgewondenheid tydens sy jaarlikse interhuisbyeenkoms op 20 Januarie afgeskop.
Die Rooi Span is as die wenners van die dag gekroon.
Sien meer foto’s: HIER
Liané Cilliers is as die junior victrix ludorum en FJ Lötz as die junior victor ludorum aangewys, en Marlioné Erasmus as die senior victrix ludorum en Kryn Romijn die senior victor ludorum.
“Baie geluk aan elke Errie wat aan die interhuis deelgeneem het en hulle beste gegee het,” het die hoof, Pieter Grobler, gesê.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder vir ‘n volledige lys van die top junior- en seniorpresteerders.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



