Ermelo stoeiers blink uit by Amersfoort ope-toernooi
Amersfoort Stoeiklub, het die stoeiers met ope arms ontvang en die dag met groot entoesiasme en passie vir die sport aangepak.
Die seuns van Ermelo Stoeiklub het op 26 April aan die Amersfoort ope-toernooi gaan meeding.
Die gasheer, Amersfoort Stoeiklub, het die stoeiers met ope arms ontvang en die dag met groot entoesiasme en passie vir die sport aangepak.
Groot opgewondenheid het vroegoggend geheers terwyl die mini toernooi vir o. 5-, o. 6- en o. 7-stoeiers plaasgevind het.

Dié stoeiers het elkeen ‘n medalje vir hul deelname ontvang.
Sien al die foto’s: HIER
In die MSV-ope het Ermelo se stoeiers hul man gestaan en 38 medaljes ingeryg. Hulle het 18 goue medaljes, 14 silwer medaljes, ses brons medaljes en vyf vierde plekke verower.
Maak seker om vandeesweek se Hoëvelder te sien vir al die uitslae.



