Sport

Ermelo Rugbyklub klop Marble Hall op eie bodem

De Vries het die laaste sê gehad toe hy sy tweede strafskop deur die pale gejaag het.

In ’n intense kragmeting teen Marble Hall op Saterdag, 20 Mei, het Ermelo die wedstryd met ’n noue oorwinning van 13-12 op hul tuisveld gewen.

Rebaone Mokgalagadi het ’n drie gedruk terwyl Arno de Vries die setskop verdoel het.

Die kaptein, Johan Pauly, het die span met vasberadenheid gelei volgens afrigter, De wette Dirksen.

De Vries het die laaste sê gehad toe hy sy tweede strafskop deur die pale gejaag het.

Dirksen het vertel dat Willie de Jager en Arno de Vries ongelooflike bydraes gelewer het.

De Jager is aangewys as die voorspeler van die wedstryd na ’n skitterende vertoning.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button