Ermelo-gimnaste presteer by Gautengse Gimnastiekfees
Gimnaste van die Ermelo Gimnastiekklub het hul staal gewys tydens die Gautengse Gimnastiekfees in Centurion.
26 gimnaste van die Ermelo Gimnastiekklub het van 12 tot 15 Junie aan die Gautengse Gimnastiekfees in Centurion deelgeneem en verskeie medaljes verower.
Sowat 1 200 gimnaste van Gauteng, Mpumalanga, Noordwes en Limpopo het aan die vierdaagse byeenkoms deelgeneem.
Die deelnemers het op vier apparate meegeding, waarna medaljes toegeken is volgens die gemiddelde punte wat op al vier apparate behaal is.
Die volgende Vlak 1-gimnaste het goue medaljes verwerf: Aphelele Sikhondze, wat ook algeheel derde geëindig het, Ayelet Swart, wat die eerste plek op die spronge behaal het en Luandi Swanepoel, wat algeheel 10de geëindig het.

Foto | Ermelo Gimnastiekklub
Karli de Klerk, Rethabile Ramushu, Karlien Burmeister, Licebo Kubheka en Q Mahlangu het elk silwer gewen. terwyl Chantel Basson ‘n bronsmedalje verwerf het.
In die Vlak 2-afdeling het Nicola Coetzer ‘n goue medalje verwerf en algeheel tweede geëindig.
Lené Cloete en Lienke Bosman het elk silwermedaljes verower.
Die volgende gimnaste het bronsmedaljes ontvang: Abigail Roux, Helena Coetzer, Rebecca van der Merwe, Tuseka Mbaksane, Mbali Mthethwa, KT Kunene, Anny Cloete, Duné Muller en Esther du Toit.

Op Vlak 3 het Kyna Boyder ‘n goue medalje verwerf en Lea Jacobs het silwer ontvang en algeheel sesde geëindig.
Bronsmedaljes is toegeken aan Miané Withfield, Banati Mdutyulwa en Joha Basson.



