Local newsNews

KYK: Die beste juwele is kinderarms om jou nek

Die dag was verder bekroon met die herskenking en verruiling van almal teenwoordig se ou juwele.

Belia Lourens se Skatkis vol Juwele-produksie is Vrydag laasweek op die gedekte tafels by Allen Park weerspieël waar sy ter viering van Vrouedag opgetree het.

Kompleet met goue bottels, juwele, munte en rustieke boeke.

Belia het onder meer ’n voordrag gelewer oor die juwele wat mens in die lewe teëkom.

Die dag was verder bekroon met die uitruil van ou juwele.

Belia het haar monoloog geopen met ’n vertelling oor twee robyne wat aan haar behoort en hoe dit vir haar verteenwoordigend is van moeder-juwele.

“Dié stene is waardevol, pragtig en klassiek, nes ’n ma se liefde en omgee,” het sy gesê.

Blou saffiere herinner haar aan haar kinderdae in Gansbaai, waar sy gereeld God in die natuur beleef het. Kinderjuwele is pêrels.

“Die beste juwele wat mens om jou nek kan kry, is ’n paar baba-armpies,” het sy gesê.

Klipjuwele gaan oor ernstige sake, soos depressie en die beskerming van mens se selfbeeld. “God se juwele is die vrugte van die gees.”

Sy het ook twee klassieke items gelewer.

Belia was ook op Kwêla te sien waar sy oor haar Prinsesprojek gesels het, wat minderbevoorregte meisies ondersteun met tweedehandse rokke en matriekafskeidsgoedere.

In September stel sy haar nuwe album, Belia sing Janita Claassen, bekend.

Allen Park-vroue het Vrydag deftige tafels geniet en juweelgeskenkies ontvang ter viering van Vrouedag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button