Local newsNews

KYK: Plaaslike slagter wen op Kom ons Braai-episode

Kruger en Van Rooyen het altesaam 24 uit 30 punte van die twee ander deelnemende pare ontvang.

Slagters kan ook goed braai.

Dit het die bestuurder van Edleen Slaghuis, Charl Kruger, bewys toe hy en sy vriendin as wenners van een van die episodes van Kom ons Braai aangewys is.Dié episode waarin Kruger en sy vriendin Cindy van Rooyen kos gemaak het, is op 24 Junie uitgesaai.

Hy en Van Rooyen het 24 uit 30 van die twee ander deelnemende pare ontvang.

Volgens Kruger was hy en Van Rooyen genomineer om deel te neem. “Dit was ’n baie lekker ervaring, eerstens omdat ons op televisie verskyn het en natuurlik hou ons baie van braai. Om om boonop nog te wen was beslis ’n pluspunt.”

Kruger het gesê dat hy nuwe idees by mededeelnemers geleer het.

“Ek het nuwe vriende ontmoet en om onder druk alles in tyd reg te hê was lekker uitdagend. Dan was die kos nog smaaklik ook. En dit alles terwyl die kameras heeltyd op jou is.”

Dié twee se wendisse het vark-, lam- en hoendersosaties, elkeen in sy eie marinade, ingesluit. Dit het gepaard gegaan saam noedelslaai met cheddar en chakatalasous.

“Nagereg was ’n sjokolade-fondantpotjiepoeding, wat soos ’n brownie is, maar dit moes op die vuur gemaak word.”

“Ek sal beslis weer aan so ‘n kompetisie deelneem, aangesien ek elke dag met kos werk en dit my lewe is.”

En hoekom is hy so mal oor braai? “As Suid-Afrikaners hou ons van braai, want dit gaan oor gesellige kuier saam met familie en vriende, en natuurlik om lekker te eet en nuwe resepte te probeer.”

Broccoli- en fetaslaai is Kruger se gunstelingbykos saam met ’n braai. Hulle het dit ook op Kom ons Braai gemaak.

Also follow us on:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button