Local newsNews

Jong sanger leer by Jannie du Toit

Dié jong sanger van Laerskool Impala bly bedrywig op die verhoog.

’n “Masterclass” met die bekende sanger Jannie du Toit was een van die pryse wat die Impie-sanger Duncan Struthers in September gewen het.

Hy het dié klas, asook R1 800, losgeslaan toe hy as kategoriewenner (11 tot 12 jaar) aangewys is tydens die nasionale “grand finale” van die Kids Talent Festival in die Atterbury-teater.

Du Toit was een van die beoordelaars by die finaal.

Maar dit is nie al wat hy op sy lys van onlangse prestasies kan skryf nie.

Tydens die SA Talent Championships (SATCH) het hy na die nasionale ronde deurgedring waar hy een goue en twee silwermedaljes ontvang het. Hy is ook genooi om by die SATCH Showcase op te tree en om in Julie volgende jaar in Texas te gaan deelneem.

By die prysuitdeling van East Rand Children’s Voices is Duncan aangewys as koorseun van die jaar en het volle erekleure ontvang.

Benewens die nasionale kompetisies het Duncan ook tyd gehad om in die vokale afdeling aan Kempton Park Eisteddfodd deel te neem.

Hy was itemwenner in sewe afdelings, naamlik duet, gospel, Broadway, voorgeskrewe Afrikaanse lied, musikaal, kontemporêr en tradisioneel. Hy het vier prestige-toekennings (A++) en drie diplomas (A+) ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button