Local newsNews

Kempton-kerk reik uit na bejaardes in Mokopane

Die kerk het noodsaaklike produkte vir die kombuis, algemene huishoudelike produkte en mediese produkte ingesamel.

Te danke aan bydraes van die Hervormde Kerk Kempton Park-Oos het Piet Potgieter Tehuis in Mokopane (Potgietersrus) noodsaaklike skenkings ontvang om terug in die inwoners se versorging te ploeg.

“Hierdie donasies maak ’n reuse verskil aan ons begroting,” sê Mariana van Tonder, die bestuurder van Piet Potgieter Tehuis.

“Ons het groot waardering daarvoor. Dit maak ons hande sterk en gee ons nuwe moed.”

Die gemeente het onlangs sy sesde agtereenvolgende uitreikaksie na die tehuis onderneem. Dit het in 2014 begin met ’n projek om toiletware bymekaar te maak vir die inwoners in die verswakte afdeling van die tehuis.

Die aksie het oorgespoel na skoonmaakmiddels, kruideniersware en ander benodighede.

Die gemeente het besluit om nie bloot die produkte in te samel en af te laai nie, maar om eerder ’n geleentheid te skep vir die lidmate om die mense aan wie hulle skenk, te leer ken. Ongeveer 30 gemeentelede, oud en jonk, maak die jaarlikse geleentheid mee.

Elke spanlid is verantwoordelik vir ’n paar besoekpunte waar hulle kuier en kwaliteittyd saam met die inwoners spandeer.

“Ons bejaardes het dit verskriklik baie geniet,” sê Van Tonder. “Ons sien reeds uit na 2020 se kuier.”

Die kerk het noodsaaklike produkte vir die kombuis, algemene huishoudelike produkte en mediese produkte ingesamel en aan die tehuis geskenk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button