Local newsNews

AfriForum haal honderde onwettige plakkate in Kempton af

Dit is verblydend om te sien hoe verskeie strukture en gemeenskapslede kan saamwerk, sê die voorsitter.

As deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog het dié organisasie se Kempton Park-tak die afgelope paar weke ’n groot aantal onwettige advertensieborde teen lamppale en verkeerstekens in die omgewing verwyder.

Dié probleem word al meer opgemerk en lede van die gemeenskap het self hand aan die ploeg geslaan om die omgewing skoon te maak.

Lede en die takbestuur het 690 plakkate verwyder.

“Só ’n aksie bewys dat gemeenskapstrukture self aan die werk moet spring vir ’n skoner, veiliger en volhoubare toekoms en dat die gemeenskap nie op munisipaliteite kan wag om dienste te lewer nie,” het Jan Vermaak, voorsitter van die tak, gesê.

“Hoewel hierdie aksie nie ’n volhoubare oplossing vir die probleem is nie, is dit steeds verblydend om te sien hoe verskeie strukture en gemeenskapslede kan saamwerk om ’n proaktiewe verskil in hul omgewing te maak.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button