Local newsNews

Nuwe AGS gemeente wy leraar Sondag in

’n Viering van die kerk se registrasie as AGS-gemeente vind ook Sondagoggend plaas

Die nuwe Apostoliese Geloofsending (AGS) Brentwood Park-gemeente hou ’n amptelike inwydingsdiens op 1 Desember om 9vm by Mainweg 78.

Volgens die gemeente se tesourier, Christo Botha, het AGS Brentwood Park ontstaan met die leiding van die AGS Oos-Randstreekskomitee, onder wie se toesig die nuwe gemeente funksioneer.

“Die gemeente bestaan al sedert Februarie en het 85 lidmate,” het Botha vertel.

Hy sê die behoefte vir stabiliteit en ’n voltydse leraar het saam met die getalle gegroei. Die stigtingskomitee het met afgetrede AGS pastoor Sarel Rudolph en sy vrou Maryna onderhandel om die leisels op ’n jaar-tot-jaar kontrak te neem.

“Ons is dankbaar en opgewonde dat hulle die uitdaging aanvaar het en hulle word op 1 Desember bevestig.

“Ons nooi die Kempton Park-gemeenskap uit om hierdie geleentheid by te woon en te kom deel in ons vreugde.”

Botha het gesê dat AGS Brentwood Park pas die nodige status van ‘n geregistreerde gemeente van die AGS van Suid-Afrika ontvang het.

“Ons vier dus die registrasie van die gemeente en ’n voltydse leraarpaar. AGS Brentwood Park wil graag ’n tuiste wees vir mense met ’n behoefte aan liefde, erkenning en die geleentheid om iets positiefs te doen vir ons stukkende samelewing.”

Vir meer inligting, skakel Botha by 082 900 0837.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button