Local newsNews

Allen Park sê dankie aan Kempton Park

Allen Park sê baie dankie, geseënde Kersfees en ’n voorspoedige nuwe jaar.

Die afgelope jaar by Allen Park was ’n bedrywige een waar die bejaardes bederf was met vertonings, fondsinsamelings, 90-jarige verjaardagpartytjies en ’n Om die Wêreld gesondheidsbewusmakingsweek.

Met die afwending van die jaar se programme en die kalender vol strepe getrek, wil Allen Park se leefstylbestuurskonsultant Sarie Scheepers namens die oord hul diepste waardering uitspreek.

“Namens die Raad vir Bejaardes Kempton Park, wil ons graag aan al die inwoners dankie sê vir al hul liefde en omgee vir ons senior burgers hier by Allen Park.

“Dankie ook vir almal se hulp met ons kermis wat elke jaar groei. Dankie aan al die skole, kleuterskole, besighede, kerke, inwoners se kinders en almal wat met soveel ywer betrokke is.”

Sy sê sonder die gemeenskap sou hulle nie soveel hoogtes bereik het nie. Sy sê ook dankie aan almal wat so betrokke is met die ander fondsinsamelingsprojekte wat Allen Park deur die afgelope jare gehou het.

“Dankie aan almal wat by die skoenboksprojek betrokke is, dit word waardeer.

“Ons as personeel en bestuur wens almal in die gemeenskap ’n geseënde Kersfees en ’n voorspoedige 2020 toe.”

Indien daar nog iemand is wat betrokke wil raak, skakel Sarie of Janie by 011 972 4220.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button