Leeskring sluit ‘n lekker boekjaar af
'n Lekker lys boeke vir volgende jaar is reeds gekies
Die Leeskring, van Die Vriende van die Kempton Park Biblioteke, het hul jaareindfunksie by Tulbagh 55 gehou.
Tydens die gesels is weer beklemtoon dat deelnemers altyd opgewonde is omdat boeke gelees word wat mens nie uit jou eie sou lees nie. Met hierdie intellektuele stimulasie verbreed mens jou horisonne.
Die boeke wat gedurende 2020 gelees gaan word is Misverstand deur Marita van der Vyver, Die Verevrou deur Jan van Tonder, Spertyd deur Elsa Joubert, Vatmaar deur AHM Scholtz, People’s War deur Anthea Jeffery, Siener in die Suburbs deur PG du Plessis, The Boy who could keep a Swan in his Head deur John Hunt, Things fall apart deur Chinua Achebe en Tuisland deur Karin Brynard.
Die Leeskring is ’n gasvrye groep waar vrienskapsbande gevorm word. Sluit gerus in die nuwe jaar aan. Kontak Susan Wilsenach by 072 327 9063.
