Local newsNews

Skrywer stel haar eerste boek in Kempton Park bekend

Reyneke het vertel hoe sy die boek begin skryf het nadat sy gewone huishoudelike takies verrig het.

Die boekbekendstelling van ‘n Swellendamse inwoner Wiena Reyneke se self-gepubliseerde boek, Vredesreis, het 30 November by 55 Tulbach in Kempton Park plaasgevind.

’n Klompie vroue het gesellig verkeer terwyl Reyneke die motivering agter die skryf van haar boek aan haar gehoor openbaar het, wat gevolg is deur ‘n voorlesing deur Stanley Cierenberg, van sy gedig wat aan sy oorlede kleinniggie opgedra is.

Hy’t vertel hoe die gedig, Landi, My Lam, net ’n dag of twee vantevore by haar begrafnis voorgelees is.

Reyneke het vertel hoe sy die boek begin skryf het nadat sy gewone huishoudelike takies verrig het.

“Op ’n dag wat ek matte gesuig en wasgoed opgehang het, toe voel dit asof ek dit nie meer kan inhou nie. Ek’t voor my laptop gaan sit en begin skryf.”

Die gehoor wat toegespreek is by Wiena Reyneke se boekbekendstelling het aan Stanley Cierenberg se lippe gehang toe hy ‘n paar van sy gedigte aan die groep voorgelees het.

Sy sê die woorde het spontaan gevloei terwyl sy bepeins het of dit ’n kortverhaal moet wees of nie. Agt maande later die storie volmaak. Dit was haar geheim waarvan haar man nie eens bewus was nie.

“Hy het die oggend gaan werk en ek het getik tot hy in die middae tuisgekom het. Ek het dan my laptop toemaak.”

In die storie lees mens van karakters soos Jana wat met die seer van die lewe te doen gekry het sonder dat sy daarvoor gevra het, maar ten spyte van alles haar kop optel en kies om die lewe vierkantig in die oë te kyk.

“Claudia, haar liewe vriendin met die wilde hare en klokkiesromp, en die dierbare ouma wat skaapnek met ’n knipmes sit en eet saam met warm brood en korrel-konfyt. Saam sorg hierdie karakters vir trane in jou oë, en ’n bietjie dink voor jy sommer net verder wil lees.

“Hulle leer vir ons dat die lewe nie net uit seer en hartseer bestaan nie, maar dat daar vir seker ook ’n mooi kant aan die lewe is,” het Reyneke vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button