Local newsNews
Versoeningsdagdiens by Kempton-Kruin
Die Voortrekkerbeweging sal by die geleentheid betrokke wees.

Versoeningsdag is hierdie jaar weer ’n geleentheid waar al die inwoners van Kempton Park genooi word om die aflegging van die Gelofte op 16 Desember 1838 te herdenk.
Die diens vind op 16 Desember by die NG Gemeente Kempton-Kruin in Fiskaalstraat, Glen Marais, plaas. Ds Michelle van Tonder sal die diens om 9vm lei.
Die Voortrekkerbeweging sal by die geleentheid betrokke wees en tee en koffie sal na die tyd bedien word. Die kollekte wat opgeneem word, is ten bate van Allen Park-ouetehuis.
Daar is soveel sinnelose geweld in Suid Afrika dat hierdie dag, met versoening as tema, kan bydra tot ’n vredevolle naasbestaan van alle Suid-Afrikaners.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
