Schools

Vyf Bekker-rugbyspanne, vyf ligatitels in een seisoen

Bekker se vyf rugbyspanne het vanjaar hul onderskeie Groep Vier Goue Leeus Rugbyliga-titels ingepalm, ’n eerste in die skool se geskiedenis.

Hoërskool Bekker het geskiedenis gemaak nadat al vyf sy rugbyspanne vanjaar Groep Vier Goue Leeus Rugbyliga-kampioene geword het.

Die o14-, o15-, o16-, tweede span (Die Slaghuis) en eerste span (Die Mambas) het almal hul onderskeie ligas gewen.

• Lees ook: KHS girls lead the charge in women’s sport

Pure glorie! Die Mambas na hul die ligatitel gewen het. Foto: Johannes Frederik Wandrag

Volgens bemarkingshoof Menique Papp is dit die eerste keer in die skool se geskiedenis dat al vyf spanne in dieselfde seisoen kampioene is.

• Lees ook: Monnas se hokkieseuns wen derde Noordvaal-titel

Die Slaghuis het vroeër vanjaar hul liga gewen, terwyl die ander vier spanne op 25 Julie hul liga-beslissende wedstryde gewen het. Bekker was ook die kleinste skool in die Groep Vier-liga.

Joel Fransisco storm vorentoe. Foto: Johannes Frederik Wandrag

Papp het afgesluit deur te sê dat die o14-, o15- en eerste spanne op 8 Augustus aan die Noordvaalbeker se semifinaal deelgeneem het, maar daar uitgeskakel is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button