Sport

Kennies se netbaltrots blink uit in epiese aksiebelaaide wedstryd teen Proties

Goeie sportmanskap en waardevolle wedstrydervaring het uitgestaan in die eerste netbalwedstryd van die jaar tussen Kennies en Proties.

Die netbalseisoen het op die bane van Laerskool Kenmare afgeskop met hul eerste wedstryd van die jaar teen Laerskool Protearif. Hierdie vriendskaplike ontmoeting het op 24 Februarie plaasgevind.

Volgens Kenmare se netbalorganiseerder, Chantel van der Merwe, het die o10- tot o13B- en C-spanne van Kennies teen die o10- tot o13A- en B-spanne van Proties meegeding.

Lees hier: ’n Oggend vol vermaak vir ’n goeie saak

“Daar is agt wedstryde gespeel, waarvan ses gewen is, een onbeslis geëindig het en een verloor is,” het sy meegedeel.

Lana de Bruin in aksie.
Lana Westernraad in aksie.

Van der Merwe beklemtoon dat die hoogtepunt van die dag die goeie sportmanskap teenoor beide opponente en skeidsregters was.

“Al die spanne het deursettingsvermoë getoon – hetsy in oorwinning of nederlaag. Ons benut vriendskaplike wedstryde om elke dogter genoeg geleentheid te gee om haarself te bewys, kombinasies te toets en te verseker dat ons spanne regverdig en verantwoordelik saamgestel word,” het sy bygevoeg.

Sy sluit af: “Die ware hoogtepunt van ons laerskool-netbal lê nie slegs in die telling op die telbord nie, maar ook in die groei, spanwerk en trots waarmee ons dogters hul skool verteenwoordig.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button