Die NUUS-joernalis Jacobus Myburgh was op pad kantoor toe en het in Surreystraat in Lewisham ingedraai toe hy sien hoe die vullisverwyderaars asblikke leegmaak.
In minder as ‘n halfuur is nege vullishouers in vier strate, naamlik Hompes-, Surrey-, Fourie- en Vermeulenstraat in Lewisham (wat sowat 30 strate het) gevind wat óf op die grasperk rondlê óf langs die pad lê waar dit omgeval het.
Nadat al die vullis in die lorrie gegooi is, stoot die werkers die houers haastig terug tot voor die eienaar se erf, en as dit in die proses omval, lyk dit nie of dié werkers omgee nie, want die bestuurder van die lorrie wil ry en hulle moet gou opklim om die volgende stel asblikke leeg te maak.
Dit is ‘n toe dat Myburgh besluit om te kyk hoeveel van dié omgekeerde asblikke hy in die Lewisham- en Mindalore-area kan raaksien.
In minder as ‘n halfuur is nege vullishouers in vier strate, naamlik Hompes-, Surrey-, Fourie- en Vermeulenstraat in Lewisham (wat sowat 30 strate het) gevind wat óf op die grasperk rondlê óf langs die pad lê waar dit omgeval het.
Daar is ook in Mindalore, wat net langs Lewisham geleë is, ondersoek ingestel. Uit die sowat 50 strate in Mindalore is daar net in Impalaweg en Haynesstraat alleen agt vullishouers gevind wat ook sonder enige respek deur die verwyderaars behandel is.
Volgens ‘n dokument wat van Mogale City se webwerf afgetrek is, sal inwoners gedurende die 2013 en 2014 finansiële jaar R113,24 per maand vir die verwydering van huishoudelike afval per 240 liter-vullishouer betaal.
Dit kos R679,50 om verlore of beskadigde vullishouers te vervang en dit sal ‘n verdere R75,44 kos om die vullishouer af te lewer.
Hoe voel jy daaroor dat jou vullishouer só sonder respek deur die munisipaliteit se vullisverwyderaars hanteer word?
Lewer gerus kommentaar op looklocal. Vir meer foto’s, besoek die galery.