MunicipalNews

Munisipaliteit betaal meer as dubbel vir plaas

Die Vryheidsfront Plus het 'n verklaring aan die NUUS gestuur wat sê dat hulle die Openbare Beskermer gaan vra om ondersoek in te stel.

In die 21 Junie-uitgawe van die Landbouweekblad het daar ‘n transaksie vir oordragte van plaaseiendomme verskyn.

Volgens die transaksie het Mogale City Munisipaliteit ‘n plaas vir meer as R18 miljoen gekoop, wat destyds vir net minder as R6,7 miljoen deur die oorspronklike eienaar gekoop was.

Isabel Stoltz het ‘n artikel geskryf oor die bisarre transaksie en het die prokureur van die grondeienaar genader wat gesê het dat die transaksie ‘n lang aanloop gehad het.

Die Vryheidsfront Plus het ‘n verklaring aan die NUUS gestuur wat sê dat hulle die Openbare Beskermer gaan vra om ondersoek in te stel.
“Dit volg nadat ‘n kennisgewing in die weekblad aangedui het dat ‘n ene ITSangari onlangs ’n 67ha plaas van ‘n Van den Berg-familie van Hekpoort vir R6 669 000 gekoop het en dit ‘n aantal maande later aan die Mogale City Munisipaliteit vir ’n bedrag van R18 500 000 verkoop het.

“Die belastingbetalers van Krugersdorp sal graag wil weet waarom ‘n premie van rondom R12 miljoen by die aanvanklike koopprys gevoeg is en wat die rede vir die aankoop was terwyl die waarde van die omliggende grond heelwat minder is. Die VF Plus is in die proses om sy eie ondersoek in die verband te doen,” sê Jaco Mulder, VF Plus LPW en leier van die party in Gauteng.

Die NUUS het vir die woordvoerder van Mogale City, Nkosana Zali vir kommentaar genader.

“Die munisipaliteit is bewus van die artikel. Ons koop grond vir verskeie doeleindes aan. Ons hoofdoel is om ons behuisingsagterstand te verbeter, asook om kommersiële en industriële ontwikkeling te verseker, veral in landelike gebiede. Ons bepaal nie die grondpryse nie en tree binne die voorskrifte van die ‘gewillige koper, gewillige verkoper’ beginsel,” sê Zali.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button