‘n Nie-so-warm somerseisoen word vir inwoners van Krugersdorp-Wes en die omliggende areas voorspel.
Dit is as die gerugte waar is dat ‘n publieke swembad in Gouldstraat binnekort tot sy volle glorie herstel gaan word.
Die NUUS het dié fasiliteit, wat glo reeds vir meer as ‘n dekade lank in onbruik is, besoek en op hierdie brokkie inligting tydens hulle snuffelwerk afgekom.
Daar is vertel dat Mogale City Plaaslike Munisipaliteit geld toegewys het om die hoofswembad en die geriewe daar rondom te herstel, maar dat dit onbekend is of die ander kleiner swembaddens ook herstel gaan word.

Wanneer ‘n mens na dié swembaddens kyk is dit duidelik dat baie meer herstelwerk nodig gaan wees as wat dit op die oog af lyk.
Ander strukture soos die aanttrekgeriewe waarvan sekere hokkies nie deure het nie, die badkamers sonder die rommel en die storte waaruit die water lek is nog in so ‘n toestand dat dit herstel kan word.

Lees môre 20 Julie verder oor wat die NUUS en ‘n inwoner daar afgekom het.
