Die NUUS en Frikkie Gouws, ‘n inwoner van Krugersdorp-Wes wat sedert sy jong dae goeie herinneringe van die Krugersdorp-Wes swembad in Gouldstraat het, het gesien dat daar elektrisiteit en lopende water by die fasiliteite beskikbaar is.
Buiten die sekuriteitswagte is daar ook ander mense, wat sê dat hulle munisipale werkers is en saam met hulle hoenders daar woon, daar teëgekom.
Al die goeie en prettige dinge is van die inwoners, veral kinders, weggeneem. Hier sou hulle nog kind kon wees.

Gouws sê dit is ‘n skande dat Krugersdorp se inwoners dié en ander geriewe soos tennisbane en die Bob van Reenen Stadion ontneem word.
“Hoeveel sportsterre kon die dorp nie al in hierdie tydperk opgelewer het nie?”
Hy meen dit is die rede waarom prostitusie en dwelms in die dorp seëvier, want “al die goeie en prettige dinge is van die inwoners, veral kinders, weggeneem. Hier sou hulle nog kind kon wees”.
Hy vertel hoe hy as kind op ‘n Dinsdag- en Donderdagaand, nadat hy by die Krugersdorp-Wes Amateur Bokslub gaan oefen het, saam met ander boksers oor die muur gespring het om die sweet af te was voordat hy huis toe is. Hulle het selfs een aand op ‘n groep meisies afgekom wat in hulle evaspakke in die swembad was.
“Ons het hulle siele behoorlik uitgetrek omdat ons geweier het om hulle klere vir hulle terug te gee. Dit was die enigste keer dat ons hulle daar gesien het.”
Hy sê die swembad is destyds in ‘n puik kondisie gehou.
Die NUUS het vrae aan Nkosana Zali, die munisipale woordvoerder gerig, wat môre 21 Julie gelees kan word.
