Kom saam op Nuwe Lewe-mannekamp
Die sprekers by die mannekamp is Callie Venter en Deon van Heerden.

Nuwe Lewe bied ‘n tweede mannekamp vir 2013 aan by The Rock in Magaliesburg.
Die kamp vind van 25 tot 27 Oktober plaas en die tema is ‘Wees ‘n Outentieke Man’.
Onderwerpe wat met die manne bespreek gaan word is Man, jy loop voor!, Dit is nie hoe jy begin nie, maar hoe jy eindig, Die Man en Stres, en Die Man en sy gebedslewe.
Die tyd waarin ons lewe vereis dat mans hulle regmatige plek sal inneem in hul huisgesin, in die gemeenskap, op die markplein en hul geestelike roeping sal vervul.
Die sprekers by die mannekamp is Callie Venter en Deon van Heerden.
Die koste vir die mannekamp is R350 wat etes insluit.
Vir navrae en bespreking kan Johan Eloff by 082 415 2378 of Christo Bosman by 083 458 8419 gekontak word.
