MunicipalNews

Lewisham-tennisbane word opgeknap

Mogale City Plaaslike Munisipaliteit hou hulle woord gestand deur sport- en ontspanningsgeriewe in Krugersdorp op te knap.

Die Lewisham-tennisbane wat in ‘n vervalle toestand is en waaroor die NUUS al in die verlede berig het, word deur Mogale City Plaaslike Munisipaliteit opgeknap.

Toe die NUUS dié tennisbane op 30 Oktober besoek het, was dit moeilik om te glo dat dit dieselfde bane is wat vroeër vanjaar in so ‘n swak toestand was dat dit onooglik geword het.

Hierdie is deel van die Mediumtermynuitgawe-raamwerk waarvoor die munisipaliteit R42 038 400 vir opknappingswerk aan sport- en ontspanningsgeriewe bewillig het, het Nkosana Zali, munisipale woordvoerder in Augustus aan die NUUS gesê.

Die opsigter van die tennisbane, Honest Tanya was heel gewillig om met die NUUS te praat en afgeneem te word. Hy sê dat die munisipaliteit reeds in September begin het om die bane op te knap en dat hulle nog nie heeltemal klaar is nie.

Vrae oor hoe en wanneer dit aan die gemeenskap beskikbaar gestel gaan word en hoe dit in stand gehou gaan word, is aan Zali gestuur, maar geen terugvoering is nog teen druktyd ontvang nie.

Al wat nou nog ‘n seer oog is, is die hoeveelheid rommel wat om die tennisbane lê. Niemand weet of dit verwyder gaan word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button