MunicipalNews

Mindalore se spuitfontein

Rand Water het 'n oop pyp by 'n punt naby die spruit geïnstalleer wat as 'n uitlaatklep vir die water gedien het.

Inwoners van Mindalore was Maandag 21 Oktober verbaas om te sien dat ‘n dik stroom water uit ‘n pyp in die vlei by die Hugenotespruit die lug inskiet, skryf DA raadslid De Waal Venter.

Dit was van Seehoff- en Impalastraat sigbaar.

“Ek het gaan ondersoek instel en gevind dat dit skoon water is wat teen ‘n geweldige tempo in die spruit gepomp word,” noem Venter.

“Verskeie inwoners het hulle bekommernis teenoor my uitgespreek oor die oënskynlike vermorsing van water.”

Op navraag het Org Viljoen van die Water en Sanitasie afdeling gesê dat hy by Rand Water uitgevind het dat dit ‘n beheerde situasie is.

Rand Water gebruik pype met ‘n deursnit van een meter en groter.

Een van hierdie pype moes herstel word maar die water in ‘n deel van die pypleiding moes eers uitgelaat word.

Rand Water het ‘n oop pyp by ‘n punt naby die spruit geïnstalleer wat as ‘n uitlaatklep vir die water gedien het.

“Ek was verlig om dit te hoor en het soveel mense as wat ek kon bereik, ingelig oor die saak. Ek gaan gereeld in die laatmiddag in Mindalore van huis tot huis om te verneem of mense geregistreer is om te stem. Die verkiesing is in Mei 2014.”

Daar is altyd ‘n geluk by ‘n ongeluk.

“Ek het opgemerk dat die watervloed gehelp het om besoedeling in die spruit te verminder. Paddas het teen skemer begin kwaak. Dit beteken dat daardie deel van die spruit nog taamlik gesond is.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button