Local newsNews

Teddiebere vol liefde

Negentig selfgebreide teddiebere is aan kinders van die Mug & Tree Gemeenskapsentrum oorhandig,

Die harte van minderbevoorregte kinders in Krugersdorp is verbly toe 90 selfgebreide teddiebere aan kinders van die Mug & Tree Gemeenskapsentrum oorhandig is.

Gwen Best van die Hope Knitting and Crochet Club by die Luipaardsvlei Ouetehuis het sowat vier maande geneem om dié beertjies te brei en sê dat dit alles begin het toe sy in Mei vanjaar truie geskenk het.

“‘n Klein meisie het vir my gesê dat sy graag daarvan sou hou om ‘n beertjie te hê en dit is waar ek besluit het om vir haar en sommer vir almal een te brei.”

Haar man Richard het ook sommer hand by gesit en vir haar die nodige wol wat sy nodig sou kry aangeskaf.

Die Hope Knitting and Crochet Club waarvan Gwen ‘n lid is het op 21 Mei 2011 met net ‘n paar bolle wol, ‘n handvol brei- en naaldwerk naalde en ‘n bord vol pienk kolwyntjies begin.

Die eerste groep het uit agt mense bestaan en na meer as twee jaar is daar al sowat 29 mense wat aan die hekel en brei is.

Hope Knitting and Crochet Club verskaf al die wol en naalde en sê dat hulle enige tipe en kleur wol asook enige donasies wat mense aan hulle wil maak sal waardeer sodat hulle groep mense steeds vir liefdadigheid aan die brei kan bly.

Dié klub het al verskeie projekte in die twee jaar wat dit gestig is onderneem.

Vir wintermaande is daar komberse, serpe, musse, bedsokkies, truie en dies meer vir minderbevoorregte mense gebrei en gehekel. Daar is ook verskeie gebreide en gehekelde items aan verskeie liefdadigheidsorganisasies geskenk.

Vir mense wat graag ‘n bydrae in enige vorm wil maak, kan hulle vir Chiann Fourie, die projekleier by 084 507 5145 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button