Van mishandeling na genesing: Mariekie se storie
Mariekie hoop om eendag haar boek én ’n digbundel te publiseer terwyl sy haar boodskap van hoop verder versprei.
Kenmare-skrywer Mariekie Castle (34) het vier jaar lank aan haar boek, A Broken Girl’s Dream, gewerk, waarin sy haar persoonlike genesingsreis ná seksuele mishandeling in haar kinderjare en haar latere diagnose van bipolêre versteuring beskryf.
Mariekie sê sy wil met haar skryfwerk ’n stem wees vir mense wie se stemme deur mishandeling stilgemaak is.
“Ek wil hê mense moet weet dit is okay om te praat,” vertel sy.
Kyk die video hier:
Sy het tydens terapie in die hospitaal besef hoe waardevol skryfwerk is om emosies te verwerk. Hoewel die boek nog nie weens finansiële redes gepubliseer is nie, is sy tans op soek na ’n uitgewer.
Sy skryf ook gedigte en hoop om eendag ’n digbundel te publiseer.
Mariekie sê sy wil graag by skole begin praat om die stigma rondom geestesgesondheid te verminder en kinders aan te moedig om oor hul ervarings te praat.
• Navrae: Mariekie by 062 726 0351.
Lees ‘n meer in-diepte berig in die Krugersdorp News se 28 Augustus-uitgawe.
