CrimeNews

Inbrekers kies polisieman se huis; kom hul moses teë

Twee inbrekers is vasgetrek na hul by 'n polisieman se huis ingebreek het.

Twee inbrekers tussen die ouderdom van 29 en 31 is Woensdag 20 November gearessteer na hul by ‘n huis in Matroosbergstraat, Noordheuwel ingebreek het.

Volgens Krugersdorp SAPD woordvoerder Konstabel Tshepiso Mashale is een van die verdagtes deur bure vasgeterek na hy by ‘n beweerde polisieman se huis betrap is.

“Die polisie, Gemeenskapspoliseëringsforum (GPF), ADT- en EPR sekuriteit is ontbied vir die tweede verdagte nadat hy gevlug het,” vertel Mashale.

“Hy is kort daarna vasgetrek waar hy met die gesteelde goedere in sy besit in ‘n bebosde area weggekruip het,” sê sy.

Die gesteelde goedere het ‘n skootrekenaar, juweliersware, kamera’s en ‘n televisie met ‘n gesamentlike waarde van R28 000 ingesluit.

Albei verdagtes sou Vrydag 22 November in die Krugersdorp Hof verskyn.

Mashale prys die polisielede, GPF en sekuriteitsmaatskappye vir hul saamewerking.

“Dit is sulke samewerking wat Krugersdorp ‘n veiliger plek gaan maak,” vertel sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button