Editor's choiceLocal newsNews

Geliefde Madiba rus nou

Die geliefde Nelson Mandela is na 'n lang siekbed oorlede.

Vanoggend, 6 Desember, treur selfs die Gautengse weer oor die afsterwe van oudpresident Nelson Mandela.

Talle Krugersdorpse inwoners het vanoggend op dié somber en grys oggend wakker geword met die nuus dat die geliefde oudpresident gisteraand, 5 Desember, skuins voor 9nm na ‘n lang siekbed gesterf het.

Die sosiale netwerke soos facebook en twitter het reeds van vroeg af begin gons oor ‘n man wat regoor die wêreld heen vir sy bydrae tot ‘n demokratiese Suid-Afrika gerespekteer is. Die gedrukte en elektroniese media het op verskeie maniere aan Madiba hulde gebring.

President Jacob Zuma het laat gisteraand op die openbare uitsaaier, die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SABC) die nuus bevestig dat Mandela nie meer met ons is nie.

Die NUUS-span rou saam met ander Suid-Afrikaners en hoop dat Mandela se familie vertroosting sal vind in die wete dat hulle eggenoot, pa, oupa en oupagrootjie ‘n groot leemte gaan laat, maar vir altyd in ons harte gekoester sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button