Local newsNews

Sê nee vir dwelms

Die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en die Suid-Afrikaanse Polisiediens het kragte saamgesnoer in 'n poging om dwelms uit Krugersdorp se strate te hou.

Die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en die Suid-Afrikaanse Polisiediens het kragte saamgesnoer in ‘n poging om dwelms uit Krugersdorp se strate te hou.

“Dwelmmisbruik is tans op sy ergste vlak en daarom is dit nodig om na maniere te kyk om dit te bekamp” – Kolonel Luke Enslin

Lede van die polisie en die GPF, met die hulp van verskeie instansies, sal plakkers op verskillende plekke soos voertuigbuffers aanbring.

Dié plakkers bevat die sms-nommer 083 399 4544 waarheen wenke en inligting oor dwelms gestuur kan word.

Gert Jonker, voorsitter van Sektor 4 se GPF sê die projek is begin in ‘n poging om die areas dwelmvry te hou.

“Die Krugersdorpse GPF het besluit om sowat 7 000 plakkers te druk wat onder die sektore versprei sal word.

Dit sal by skole, in winkelsentrums en op prominente plekke opgesit word waar mense dit kan sien.”

Kolonel Luke Enslin van die Krugersdorp Polisiestasie sê die dwelm-smslyn is tot dusver baie suksesvol en hy glo die plakkers sal verder tot die sukses bydra. “Ek glo dit is ‘n afskrikmiddel vir mense wat dwelms wil gebruik, omdat hulle nie weet of hulle gerapporteer gaan word nie. Dit is dus belangrik om die boodskap oor te dra dat daar ‘n manier is om sulke mense en verkopers te rapporteer.”

Hy prys die inisiatief en voel dat dit die onwettige bedryf sal seermaak.

“Dwelmmisbruik is tans op sy ergste vlak en daarom is dit nodig om na maniere te kyk om dit te bekamp. Daar sal waarskynlik eers in die volgende tien tot vyftien jaar ‘n drastiese afname gesien word.”

Enslin sê ‘n mens kan nie net die dwelmhandelaars en -smouse blameer nie.

“Dit is nie ‘n eenrigtingstraat nie; solank daar kopers is, sal die verkope voortgaan en dit is waar ons moet begin. Sodra daar nie kopers is nie, sal die handelaars na ander plekke beweeg.”

Konstabel Tshepiso Mashale, Krugersdorp Polisiestasie-woordvoerder sê die maatskaplike misdaadvoorkomingsafdeling hou gereeld misdaadbewusmakingsveldtogte om veral kinders oor die gevare van dwelms in te lig. Vir diegene wat self van hierdie plakkers wil bekom kan dit teen R1 by Jonker kry. Skakel hom by 082 900 7832.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button