Liefdeskers brand na 50 jaar steeds
Die trouklokke het 50 jaar gelede vir twee Krugersdorpse inwoners gelui en die liefde wat hulle vir mekaar het, is nog nie geblus nie.
Die trouklokke het 50 jaar gelede vir twee Krugersdorp-inwoners gelui en die liefde wat hulle vir mekaar het, is nog nie geblus nie.
Elsie (née Jordaan) en Norman David Edwards van Chancliff het mekaar meer as 50 jaar gelede by ‘n verlowingspartytjie ontmoet en die res is soos ‘n mens sou sê, geskiedenis.
Hulle is op 14 Desember 1963 in die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Krugersdorp deur ds Van Dyk in die huwelik bevestig.
Norman was jare lank ‘n boukontrakteur in Krugersdorp en gebruik deesdae sy tyd om rolbal te speel en om die administratiewe kant as die president van die Noordheuwel Rolbalklub te behartig.
Die egpaar spog met vier kinders en vyf kleinkinders.
Baie geluk aan hierdie paartjie.
