Local newsNews

Behoeftige kinders toegerus vir die nuwe skooljaar

Danksy gemeenskapskenkings kan kinders die skooljaar met selfvertroue afskop.

Die Cradle of Hope gemeenskapsentrum kon vanjaar 65 kinders met basiese skryfbehoeftes skool toe stuur en sommiges kon selfs ‘n nuwe stel skoolklere aantrek.

“Ons sou dit nie sonder die hulp van die gemeenskap kon doen nie. Vanjaar was die eerste in die sewe jaar van die sentrum se bestaan dat soveel kinders die jaar toegerus kon begin, “ vertel die sentrumstigter, Melodie van Brakel.

Sy noem dat skenking van oral in die gemeenskap ingestroom het en dat Krugerdorp werklik hul harte en beursies in ‘n moeilike finansiële tyd oopgemaak het.

Dit was nie net die kinders wat by die sentrum woon wat vanjaar toegerus by die skoolhekke kon instap nie maar ook kinders van regoor die gemeenskap.

“Ons kon ‘n groot aantal huisgesinne in Krugersdorp-Wes bystaan en dit was lekker om te sien hoe die kinders uitsien om ten spyte van swak sosio-ekonomiese omstandighede by die huis terug skool toe te gaan,” sê Molodie.

“Skenkings soos kosblikke, skryfbehoeftes, tasse en meer kan beslis as ‘n belegging in hierdie jong kinders se lewens beskou word.”

Sy vertel dat die nuwe jaar steeds sy uitdagings vir die gemeenskap inhou en noem dat vervoer in hierdie stadium ‘n probleem is.

“Albei die sentrum se voertuie is op die koffie en kinders moet maar skool toe stap.”

Dis egter moeiliker wanneer mense hospitaal toe moet gaan of wanneer skenkings opgelaai moet word.

Die sentrum verwelkom enige bydrae in daardie opsig.

“Nietemin sien ons uit na ‘n jaar van waardevolle gemeenskapswerk waartydens ons lewens in Krugersdorp gaan verander,” sê Melodie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button