MunicipalNews

Munisipaliteit het dalk padgebruikers se noodkreet gehoor

Die verkeersligte op die hoek van Albertina Sisulu- (R24) en Impalaweg is intussen herstel, maar nog 'n stel verkeersligte by 'n besige kruising moet herstel word.

‘n Week nadat die NUUS oor die toestand van twee stelle verkeersligte op twee besige paaie in Krugersdorp berig het, is een stel van dié verkeersligte intussen herstel.

Die verkeersligte op die hoek van Albertina Sisulu- (R24) en Impalaweg in Mindalore, waarvan net sekeres gewerk het, het motoriste verwar omdat dit van ver af moeilik was om te sien of die verkeersligte wel werk.

Dit is eers wanneer ‘n mens nader aan die verkeerslig kom dat jy kon sien dat sekere van die groen ligte werk.

Die res van die verkeersligte het egter gewerk wanneer dit na oranje en rooi oorgeslaan het.

Op 19 Februarie het die NUUS gaan kyk of die ander stel verkeersligte by die besige kruising van Adcockstraat en Randfonteinweg ook intussen herstel is, maar dit was egter nie die geval nie.

Die verkeersligte by dié kruising, wat reeds sedert November verlede jaar buite werking is, is op ‘n hoofroete wat Randfontein en Roodepoort verbind, en verby Leratong Hospitaal in Krugersdorp loop.

Die NUUS het vroeër met taxibestuurders van die Luta Taxi-vereniging gesels wat passasiers naby hierdie kruising op- en aflaai. Hulle sê dat die kruising veral in die oggende en smiddae ‘n probleem geword het.

Nkosana Zali, woordvoerder van Mogale City Plaaslike Munisipaliteit is van die verkeerslig in kennis gestel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button