MunicipalNews

Paul Kruger Saal-plakkers verwyder

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) van Mogale City het ook handjie bygesit om die plakkers te help, totdat 'n bakleiery uitgebreek het.

Ses jaar nadat plakkers ‘tydelik’ in die Paul Kruger Saal hervestig is, is hulle uiteindelik verwyder.

Daar was in 2010 in die NUUS berig dat die Mogale City Stadsraad ‘n besluit geneem het om die plakkers vroeg in 2011 te verwyder, maar eers na ‘n hofbevel op die 1 Januarie dié jaar aan die plakkers oorhandig is, is aksie werklik geneem.

Op 25 Februarie het sowat 20 gesinne hul besittings op die sypaadjie van Flemmingstraat geplaas waar ‘n paar meubelverwyderaars dit kom haal het. Die plakkers is geleentheid gegee om die uitsettingsbevel te áppelleer, maar het nie.

DA wyksraadslid Matthys van Tonder het aan die NUUS gesê dat die Departement van Landelike Ontwikkeling die uitsetting gereël het en dat alles, volgens hom, goed verloop het.

“Hierdie is ‘n wettige proses wat plaasgevind het. Hierdie saal behoort aan die inwoners van Krugersdorp-Wes en dit is uiteindelik aan hulle terug gegee,” noem Van Tonder.

Die plakkers is na ‘n ander ‘tydelike’ informele nedersetting in Munsieville geneem.

Alhoewel Mogale City verskeie kere beweer het dat die plakkers sedert 2008 so vinnig moontlik ander blyplek sou kry, het hulle ook gesorg dat die rommel van die perseel verwyder word en dit skoon te maak. Baie inwoners wou weet op wie se rekening hiérdie plaasgevind het. Daar is ook vir die plakkers gesê dat tydelike watertoevoer en elektrisiteit by die Munsieville-nedersetting beskikbaar gestel sou word.

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) van Mogale City het ook handjie bygesit om die plakkers te help, totdat ‘n bakleiery uitgebreek het.

Volgens die woordvoerder van die EFF Mogale City-tak, Kathlego Mofokeng was hulle daar om seker te maak dat als goed verloop.

Mofokeng het aan die NUUS vertel dat ‘n geveg tussen EFF-lede en Mogale City verteenwoordigers uitgebreekhet tydens die uitsetting. Een EFF-lid was ernstig beseer en ‘n saak was by die Krugersdorp polisie oopgemaak.

Die Krugersdorpse SAPD woordvoerder het dit bevestig, maar kon nie bevestig wat presies gebeur het nie.

Mogale City se woordvoerder is ook genader vir kommentaar rakende die voorval.

Mofokeng het verder gesê dat hulle sal sorg dat die plakkers permanente blyplek kry aangesien die Munsieville-nedersetting nie voldoende is nie.

“Hierdie mense is weereens net op ‘n oop terrein ‘gestort’ en van hulle eiendom is ook beskadig. Ons sal sorg dat geregtigheid geskiet,” sê Mofokeng.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button