Editor's choiceLocal newsNews

Brandewyn en tabak vir ‘n lang lewe, spot 100-jarige

Tannie Sarie Steyn van die Luipaardsvlei Ouetehuis in Krugersdorp het haar 100ste verjaardag gevier.

Tabak en brandewyn is haar geheim vir ‘n lang en gesonde lewe.

Só spot tannie Sarie Steyn, ‘n inwoner van die Luipaardsvlei Ouetehuis wat op 12 Maart haar 100ste verjaardag gevier het.

“Ek is baie dankbaar dat ek nog gesond is en op my oudag nie nodig het om enige medikasie te gebruik nie,” sê tannie Sarie wat self stap tot waar sy wil wees.

“Op die oomblik vat ek elke dag soos hy kom en geniet my lewe.”

Tannie Sarie, wat die grootste deel van haar lewe ‘n boervrou in die Boshoff-distrik in die Vrystaat was, woon reeds vir ‘n geruime tyd in die Luipaardsvlei Ouetehuis. Sy spog met twee dogters en drie kleinkinders.

Dié ouetehuis het met haar verjaardsdag groot makietie gehou met allerhande lekkernye en drinkgoed, maar tannie Sarie se verjaardagvieringe was nie net tot die ouetehuis beperk nie.

Haar kinders en kleinkinders het haar kom haal en op Sondag 16 Maart vir haar ‘n heerlike verjaardagpartytjie aangebied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button